Die mens agter die lens


Wanneer passie kiek-voudig uit die lens borrel

sonder enige keer - of spoed -

neem en korrel,

dan eers is ek gelukkig en vol moed.

Nie net 'n iemand nie - nee! - die een

wat alles reghoekig vasvang; wat jóú en mens

saambind tot seën

waar verwesenlik beter is as jou wens.

Kyk hier, sit so, draai so en lag so: Dít is allermins my werk.

Wees bly, wees vrolik: Juig, want jy lééf!

En ek is hiér; vir jou - van grashalms tot kerk;

sal ek gaan waar jy wil sweef.

Stil-stil hou ek jou dop

en besef jou geluk saam met die mens

wat alles in jou hart laat warm klop

en ek bly - net hier - agter my lens.

Dis ek; die mens agter die lens.


"Ons is almal net pieksels wat wag om lig op te vang."

"Ons is almal net pieksels wat wag om lig op te vang." M. Agema

Wat sê die mense? What do they say?
1 / 5

Jaco & Melissa

Mégan is die wonderlikste mens wat jy ooit sal ontmoet ... En dan is sy nog 'n towenaar met 'n kamera ook. Sy is 'n fantastiese en borrellende vrou wat ons só spesiaal, welkom en gemaklik laat voel het tydens ons fotosessie. Jy het ons wildste verwagtinge oortref; ons het nie geweet ons kan so mooi lyk nie. Ons sal haar aanbeveel vir enige familie, paartjie of enkel persoon om kosbare tye op kamera vas te vang.
Sien uit na nóg honderde sessies en herinneringe saam met jou!!!! 10/10 !!!!

1 / 5